Dieper (Retief Burger)

R150.00

Dieper is vir almal wat worstel met die vraag oor hoe om ‘n ‘ware aanbidder’ te wees. Dit is vir jou wat wonder hoe jy op jou eie, unieke manier God met oorgawe kan aanbid. Dis vir elkeen wat al vir jare skuldig voel omdat hulle nie altyd weet hoe om die Here te aanbid nie, wat dalk ongemaklik staan en rondkyk as ander Hom klaarblyklik met soveel passie loof.

In sy nuutste boek gee die bekende aanbiddingsleier en skrywer, Retief Burger, nie voor om kitsantwoorde te verskaf nie, maar nooi hy jou na ‘n kykie in sy eie worsteling en soeke na God se teenwoordigheid. Vanuit sy passie om ‘n ‘ware aanbidder’ te wees, wil hy saam met jou stap en jou begelei om God op alle terreine van jou lewe meer doeltreffend te kan aanbid.

In Dieper sal jy saam met Retief ontdek dat aanbidding soveel meer is as om net mooi liedjies te sing. Dit is om al hoe meer in ritme met God se hartklop te leef, om sy teenwoordigheid te soek en jou tevredenheid volkome in Hom te vind. Dit is om met dankbaarheid te leef, om elke deel van jou lewe vir Hom te leef, te bly sing – ook wanneer dit moeilik gaan, en om jou Vader se liefde en vergifnis met ander te deel.

Jy is gemaak om te ‘sing’, selfs al het jy nie ‘n stem om oor huis toe te skryf nie. Kom, ontdek die lied wat God self binne-in jou geplaas het, en hoe om dit weer vir Hom terug te gee…

Ingesluit is ook ‘n bylaag met praktiese raad en wenke vir aanbiddingsleiers.

 

In stock

* No 'add to basket' button? Please make sure that all the options are selected above.

Description

Aanbid God op alle terreine van jou lewe.

Additional information

Weight0.32 kg
Dimensions22.9 × 15.3 × 1 cm

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Dieper (Retief Burger)”